Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
’n Dobbs fedora-hoed midde groot aanval?.?.?.
Oudpres. Jacob Zuma se woning in Nkandla.

In my gedagtes sien ek ’n groot tafel met nagemaakte berge, rotse, klein boompies, ’n blou geverfde rivier en groen mos vir grasvelde.

Daar is plastieksoldaatjies wat ’n mens by die Crazy Store koop. ’n Paar plaasdiere – beeste, hoenders en ganse en ’n paar kamerade vergader om die tafel.

Nou is die manne reg vir die beplanning van die groot oorlog. Hul kamoefleerdrag skoon gewas en gestryk. Hulle kom bymekaar op ’n veilige plek.

(Dink ek aan die laerskool toe ek en twee maats ’n bende gestig het met ’n geheime bendeboek. Elkeen het sy eie kode en geheime naam gehad en dit was ernstige sake wat daar bespreek is.)

Die T-stok wat lyk soos ’n besem sonder hare (net baie kleiner) in die hande van die bevelvoerder word gebruik om die soldaatmannetjies te mobiliseer tot agter die beeskraal. Die ander groep word tot by die rivier gestoot. Hier sal hulle saggies kruip en eers deur die rivier gaan en so nat-nat na die brandpoel kruip en dan geruisloos inklim om soos krokodille te wag op die aanval.

Die bevelvoerder stoot ’n paar soldate in die rigting van die hoenderhokke. Hy sê aan die kamerade om die tafel die soldate sal saggies moet beweeg sodat hulle nie die hoenders de hel in maak nie.

Dit waarvoor die soldate en kamerade veral moet uitkyk, is ’n Dobbs fedora-hoed. Wanneer hulle een sien, sal hulle weet die tyd is reg. Verdedig met jul lewe.

Die beplanning is gedoen en almal wag. Maar het die hoed toe daar opgedaag of nie?

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Jacob Zuma  |  Briewe  |  Tronkstraf  |  Nkandla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.