Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
’n ‘Goeiemôre’ om weer te lees

Goeiemôre deur Charles Smith (“Hierdie lewe is vir verkenning, afskeid, vertrek”, 5.05) verwys. ’n Goeiemôre ingekleur met ligglans van woorde wat die hartsnare geroer het, ’n oënskou na die binneste geneem het, want dit is mos die opsomming van die aardse bestaan.

En nou is die stem stil, die gedagtes weggebêre en die skaduwees tussen ons is verby. ’n Finale totsiensgroet vir moederaarde en sy reis is voltooi na ’n beter wêreld met die lug altyd vol helder wolke, geluksaligheid en vrede. “Die stemme die stiltes en skaduwees is ons s’n om te verken.” So is dit genoeg.

’n Goeiemôre om oor en oor te lees. Karel se mooi lewensreis op aarde sal ’n ewige onthou bly.

  • ’n Besondere dankie vir al die berigewing oor Karel Schoeman, Volksblad, julle verdien goue pluimpies.
Meer oor:  Hannes Engelbrecht  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.