Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
’n Ontwikkelde taal word vernietig

Gelyke Kanse se lofwaardige stryd ter wille van Afrikaans was van meet af aan seker ’n vergeefse stryd.

In die annale van die geskiedenis sal opgeteken word dat ons regsprekende, wetgewende en uitvoerende gesag onder die ANC-bewind ’n volledig ontwikkelde wetenskap-, onderrig- en kultuurtaal vernietig het en niks wesenliks gedoen het om ander inheemse tale te bevorder nie.

Die huidige regime se meelopers is natuurlik ewe skuldig, want onder die dekmantel van allerlei mooipraatjies van gelyke toegang en dergelike politiek korrekte frasetjies is hulle eintlik maar net aan die verengels.

As die Universiteit Stellenbosch ver genoeg voor god Engels agteroor gebuig het dat hy weer deur sy bene vorentoe kan kyk, sal hy op sy kampusplein ’n standbeeld sien van die man aan wie hy sy bestaan te danke het, Jan H. Marais, wat geld vir die stigting van die instansie geskenk het op voorwaarde dat Afrikaans ’n gelyke plek met Engels aan die universiteit geniet. Daardie voorwaarde word skaamteloos veronagsaam.

Dit is verbluffend dat regters in ons hoogste hof in ’n minderheidsuitspraak so onkundig kan wees oor die wisselwerking van politiek en taal. Om die staat se verantwoordelikheid na die burgerlike samelewing aan te gee, veral met vyandige gesindhede soos dié van die heer Lesufi, is wensdenkery. En om te sê Engels aan die US moet Afrikaans nie blus nie, is ontstellend naïef.

Aan die riviere van Suid-Afrika, daar het ons gesit en geween as ons aan Afrikaans dink.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.