Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
’n Sassa-skroef is steeds los

Sassa is allesbehalwe op dreef soos beweer word.

Ek en my eggenoot het op 3 Augustus ons pensioentoelaag by Shoprite, Daspoort, gaan trek. Die kassiere neem my kaart en die rekenaar wys ek kan R1 000 kry, R700 kort. Sy stel voor ons probeer weer, toe wys die rekenaar ek kan nog R600 kry. Ons probeer weer, maar ek moet die volgende dag kom vir die ander R100. Presies dieselfde gebeur met my eggenoot.

Die volgende dag gaan ek en die rekenaar laat net toe dat ek R35 kry en my eggenoot R40. M.a.w. tesame het ons R75 te min gekry. Dieselfde het met twee ander pare gebeur.

Ek wonder wat word van al die geld wat so van ons pen­sioentrekkers se toelae afgetrek word? Ek het verstaan geen aftrekkings word toegelaat nie.

By navraag is my vriendin meegedeel dat hulle die nuwe kaarte by die Poskantoor in Menlyn Mall kry. Hulle het van Centurion soontoe gery, net om te hoor hulle het nie nuwe kaarte beskikbaar nie.

Meer oor:  Sassa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.