Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
’n Stewige hou tussen die bene

Reinhold Swart, Bellville, skryf:

Voordat ek verlede week se voorbladberig gelees het van Flip Buys se planne om ’n mislukte staat te red, lees ek eers die brieweblad. Dit is gewoonlik relevant, eerstehands en veral opreg.

Dit is ook van groter waarde as om te lees hoe tant Truitjie du Toit van Touwsrivier die voëlgriep onder haar volstruise takel en of Tiger Woods ooit weer gaan gholf speel.

Sondag was ek egter geskok hoe Linden se Elizabeth Pretorius – ’n volksmoeder met dubbele standaarde – op hierdie blaaie na die manlike geslagsorgaan verwys. Blatant en banaal. Siesa!

Die Adonisse kan met reg afgehaal voel oor die manier waarop sy na hul kroonjuweeltjies in die verkleinvorm verwys. Ná die agbare Linden-nooi se bydrae het ek gevoel of ek ’n stewige hou tussen die bene weg het.

Dit maak seer.

Meer oor:  Reinhold Swart  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.