Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
’n Vyfpuntplan vir die herstel van SA

Mnr. Cyril Ramaphosa, ons wil u gelukwens met u verkiesing tot ANC-president. Maar ons, as Suid-Afrikaanse burgers, wil dit baie duidelik stel dat die hef aan nog vir u voorlê:

  • Ons gaan u baie fyn dophou. Ons Suid-Afrikaners het sterk morele waardes en ons vorm deel van die burgerlike samelewing. Ons gaan nie meer alles wat u huidige korrupte party vir ons opdis vir soetkoek opeet nie.
  • Suid-Afrika is ’n erg verdeelde land met sterk rassistiese ondertone, wat deur die toedoen van die ANC en die uittredende ANC-president veroorsaak is en nog verder deur u party gestimuleer is. Ons gaan nie met enigiets anders as ’n nierassige regering van nasionale eenheid tevrede wees nie.
  • U moet nou baie vinnig beweeg terwyl dit nog wittebroodsdae is en voordat die oneerlikes hulself verder mobiliseer. Pres. Jacob Zuma behoort as staatspresident herroep te word en nie soos ’n Mugabe hanteer word met goue handdrukke en blink limousines wat deel vorm van sy aftreepakket nie. Zuma, sy Gupta-vriende en ander meelopers wat by staatskaping betrokke was, moet in die regbank verantwoording begin doen vir hul oortredings.
  • Verder moet u nou onmiddellik die nasionale vervolgings­gesag (NVG), die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die ondernemings in regeringsbesit uit die moeras terugpluk van waar hulle hul tans bevind. Die staatsmasjinerie moet ook van blatante diefstal, begunstiging en korrupsie skoongemaak word.
  • Bathabile Dlamini en Carl Niehaus pleit dat versoening en vergifnis nou moet plaasvind, soos met apartheid. Versoening en vergifnis is soos emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu destyds uitgewys het, nooit ’n goedkoop onder­neming nie. Al voel dié van ons met ’n bepaalde geloofsoortuiging sterk oor vergifnis, het die lewe my geleer dat as vergifnis nie deeglik hanteer word en daar nie werklik tot berou gekom word nie, dit geen waarde het nie.

Uiteindelik word die oortreders maar net in hul kwaad, ontkenning en arrogansie gesterk. Verder gaan hulle hulself verlekker in die feit dat hulle al weer skotvry met alles weggekom het. Benewens die nodige regsoptrede, moet iets soos ’n Waarheids-en-versoeningskommissie ook realiseer.

U het ’n reusetaak wat voorlê, maar ook die kans om opnuut maatskaplike, politieke, ekonomiese en morele hoop in hierdie wanhopige land in te blaas. Dit sal alleen kan gebeur wanneer u nie die ANC nie, maar Suid-Afrika eerste stel.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Anc-President  |  Verkiesing  |  Herstel  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.