Die musiek wat Wilhelm Jordaan in sy rubriek beskryf – die Russiese aandlied deur Arne Domnérus op saxofoon en Gustaf Sjökfist op orrel in die Spanga-kerkgebou in Swede – klink pragtig! Selfs ons oumense kan daarby aanklank vind.
Dit is nie die soort musiek waarteen ons beswaar het nie.
Dit is net onverstaanbaar dat ’n kerk wat ’n getroue jongmensbywoning met orrelmusiek gehad het, nou leeggeloop het. Oud en jonk verlaat die kerk.
Die betrokke kerk – wat ’n megakerk was – moet nou sy deure sluit.
Lawaaimusiek kon ook nie die jong mense by daardie kerk hou nie.