Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ná Wilde-als is dit terug na werklikheid

In moeilike sosio-ekonomiese tye gryp mense maklik na strooihalms. So was dit met die opkoms van Nazisme tydens die Groot Depressiejaar van 1933 waar die Duitse volk gebuk gegaan het onder die nagevolge van die Eerste Wêreldoorlog.

Hierdie neerdrukkende omstandighede het verwagtinge gewek. Hitler maak sy verskyning soos ’n ridder op ’n wit perd en hy beloof ’n duisendjarige vrederyk. Al wat ’n Duitser is, val daarvoor. Ironies sou Hitler se Derde Ryk ná slegs 12 jaar tot as verkrummel.

Die Afrikaner voel soos ’n vreemdeling in sy eie land en ’n “messias” wink. Die plaas Wilde-als gaan eersdaags onder viertrekvoertuie en ’n miljoen paar voete vertrap word. Wilde-als se grashalms gaan wel tydelike uitkoms bied, maar daarna keer die pelgrim terug na dieselfde neerdrukkende omstandighede.

Die les is om te berus in die werklikheid van ons bestaan en dat die beginsel van onsekerheid ons enigste realiteit is. Ons kan wel ’n verskil maak deur self skouer aan die wiel te sit en so sal ons uit die drif kom.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Hitler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.