Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nederlandse ampsbesoek in 1938 só onthou

In sy rubriek “Beelaerts van Blokland se spore in Suid-Afrika” het Fransjohan Pretorius die geskiedenis van ’n baie ou en waardige Nederlandse familie bespreek.

Veel later het ons met Jonkheer Beland van Blokland kennis gemaak, toe koningin Wilhelmina hom afgevaardig het om die groete van Nederland aan die Afrikaners oor te dra ten tyde van die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1938.

Opwindend was dit toe ons hoor hy vlieg Pretoria toe. Hy kom toe in ’n mooi tweemotorige Lockheed Lodestar, met De Reiger op sy neus geverf (as ek reg onthou).

’n Mens kan aanneem hy het sy boodskap diplomaties en baie plegtig gebring, in ’n opgerolde dokument in sierskrif, op perkament, in ’n sierlike kartonhouer.

Die vraag is, bestaan hierdie dokument nog?

Daardie goeie en mooi verhouding het nege maande later verstryk met die Tweede Wêreldoorlog, toe die Afrikaners openlik die Duitsers se kant gekies het.

Meer oor:  Fransjohan Pretorius  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.