Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nee, Div, dit grens aan verraad

“Div gaan nie Bokke ondersteun oor Etzebeth” (13.09):

Kom ons verenig om ons manne soos in 1995. Ons land was tóé ook allesbehalwe volmaak, maar ons het saam­gestaan en gebou aan ’n beter toekoms.

Peter de Villiers doen homself en ons land groot skade aan.

Leierskap behels besondere eienskappe. Balans en lojaliteit teenoor jou land en al sy mense is deel daarvan.

De Villiers is ’n gawe kêrel, maar hier dop hy die toets, ook uit ’n regsoogpunt. Niemand is nog aan enigiets skuldig bevind nie. Hy moet maar weer deur Madiba se wysheid lees. Moenie dat bitterheid jou en die mense om jou lewenslank gevange hou nie. Leiers verenig en verdeel nie; hulle bou en breek nie.

Terwyl ons manne op die voorgrond veg om ons land se eer, hap bitterbekke hulle aan die hakskeen. Gedurende die Olimpiese Spele word selfs oorloë vir die duur van die Spele gestaak sodat lande se vaandeldraers op hul taak kan fokus.

Hierdie geskreeu van die kantlyn terwyl ons manne ons eer op vreemde bodem verdedig, is niks anders as ’n vorm van verraad nie.

Kom ons verenig om ons manne soos in 1995. Ons land was tóé ook allesbehalwe volmaak, maar ons het saam­gestaan en gebou aan ’n beter toekoms.

Meer oor:  Peter De Villiers  |  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.