Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nes Boetman is ek de bliksem in oor ANC, Cele

Ons het wel nie ’n Arabiese Lente gehad nie, maar ’n bitter koue Zuma-winter.

Suid-Afrika het pas ’n gevaarlike kantelpunt verbygesteek, en ons land is binne ’n week onherstelbaar en skouspelagtig deur die ANC verwoes.

Donald Trump se onlangse kleurryke beskrywing was profeties.

Waar was die staat se intelligensiedienste? Dit was tog geen spontane opstand nie, maar is beslis georganiseer.

Die vraag is, wie in die ANC sit hieragter en wat wil hulle hierdeur bereik? Die andersins vrypostige Bheki Cele het geskitter in sy afwesigheid en sy amp versaak.

Honderdduisende misdadigers word toegelaat om ongestoord te plunder. Die burgery is op homself aangewese vir beskerming.

Ek voorsien ’n dramatiese styging in aansoeke vir vuurwapenlisensies. Praat nie eens van disinvestering en emigrasie nie

Nou word 2 500 soldate ontplooi om ’n massiewe misdadige revolusie te “onderdruk”, terwyl tienduisende gebruik is om die dra van maskers af te dwing en strandlopers te verjaag.

Dit is duidelik dat die ANC-leiers geen erns of begeerte het om die misdadigheid kragdadig te onderdruk nie.

Inteendeel, die getransformeerde en gekastreerde polisiediens kyk anderkant toe of plunder saam.

Vergeet van Covid-19, die ANC-virus is veel erger. Soos Boetman van ouds is ek de bliksem in vir Cele en die ANC wat ons lewens en ons land verwoes.

Skoert, Cele! Skoert, ANC!

Meer oor:  Jacob Zuma  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.