Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nes slegte familietyding

Personeelafleggings in staatsbeheerde entiteite soos Eskom, SAL, Denel, Prasa en die SAUK word lankal deur ekonome bepleit weens die onbekwaamheid van die personeelkorps en die inkrimping van die ekonomie.

Die Wêreldbank skryf reeds in 2016 dat Eskom 66% te veel personeellede het en verminder moet word. Maar dit gebeur nie. Met die aanbreek van die pandemie gee pres. Cyril Ramaphosa sowel as Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, die versekering dat daar geen afleggings by Eskom sal wees nie.

Die SAL kondig einde 2019 aan dat 944 mense afgelê moet word. Dit word met hand en tand beveg. Afleggings by Denel word versag deur personeel binne afdelings te verskuif.

Maar by die SAUK is daar skielik nie net getalle op die tafel nie, maar selfs name van dié wat afgelê kan word – gesoute omroepers van RSG: Martelize Brink, Haidee Muller, Johan Rademan, Jacqui January en Fritz Klaaste. Dis soos slegte familietyding.

Meer oor:  My Stem  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.