Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Net die oortjies van die seekoei?

Dit is met groot ontsteltenis dat ons afgetrede staatsamptenare lees van swak en selfs uiters verdagte beleggings van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Sekunjalo en dr. Iqbal Survé­ se omstrede lening van R4,3 miljard by die OBK en dr. Daniel Matjila, voormalige hoof van die OBK, se verdagte rol daarin, lei tot ’n bekende handelsbank se opskorting van 24 bankrekeninge van Sekunjalo en sy filiale.

Maar daar was geen sigbare vervolgings of optrede van owerheidskant nie, asook van bestuurslede van die GEPF en die OBK. Dit wek kommer.

Die swak beleggingsbesluite van die GEPF om in die wankelende Grobank te belê, met ’n aandeelbelang van 35%, asook die reusebedrag van R42 miljard se aanspreeklikheid wat die Landbank hoofsaaklik by pensioenfondse geleen het, maak ons afgetredenes bekommerd.

Dit laat ’n mens wonder of die voorbeelde van swak of verdagte beleggings net die oortjies van die seekoei is.

Meer oor:  Mystem  |  Gepf  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.