Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Net een ligpunt in hertoets-plan

Om motoriste te hertoets vir rybewyse gaan nie help nie, want dié wat meestal ongelukke met onpadwaardige voertuie veroorsaak, het nie rybewyse nie.

So die las gaan val op dié mét rybewyse. En boonop word bitter min van die bestuurders sonder rybewyse van paaie verwyder.

Hier in Douglas het die meeste van daardie voertuie nie eens meer heel ruite nie. Dis met plastiek toegeplak. Hoe hulle sien, weet ek nie. Boonop stel die verkeersmense nie belang om daardie beware of the flying parts-voertuie af te trek nie. Nee, hul fokus is op padwaardige voertuie en hul kameras.

Al wat vir my sin maak van die voorstelle is dat die bestuurders wat mense vervoer, die nodige kwalifikasies moet hê. Maar, en dis ’n lang maar, sal daardie stukkie papier nie ook maar gekoop kan word nie? Ek sien nie lig in dié tonnel nie.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.