Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Net kleingeestiges sal Piet Byleveld kruisig
Kanker het nou wragtig die grootste dossier van my lewe geword
Piet Byleveld

Ek lees Hanlie Retief se deerniswaardige onderhoud met my SAPD-speurgenoot Piet Byleveld, en hoor die siel van ’n polisieman wat ek amptelik nooit gesien het nie. “Kanker het nou wragtig die grootste dossier van my lewe geword,” peins hy metafories oor hierdie ongenaakbare verdagte aan wie se hand hy nou moet sneuwel.

In hierdie laaste dossier is hy self klaer en enigste getuie. Hy is ook slagoffer en speurder. Maar dit blyk hy voel daar is nog te veel werk uitstaande en sy ondersoekdagboek is nog nie na wens bygewerk nie. Dié dossier kan nog nie afgesluit word nie, want soos hy selfloos bely: “Ek het die verskriklike behoefte om dit wat ek weet te deel, om iets vir die gemeenskap te doen, die polisie te dien.”

Jou werk ís gedoen, speurder Piet Byleveld. Ons sien dit in hoe doeltreffend jy die stom stemme van jou saakdossiere se slagoffers in die getuiebank verwerdig het. Ons sien dit in die toewyding en speurvernuf van diegene wat jou voorbeeld in hul werk eerbiedig. Jou laaste dossier is reg vir afsluiting. Dus, ingevolge Staande Order 325 Algemeen se voorskrifte met betrekking tot die afsluiting van saakdossiere; daar is klaar oor al die diensvaardige bewysstukke van jou lewensloop as speurder beskik. En al stop ons nooit daardie uitstaande verdagte, Skoppensboer, nie, ons selflose dienswilligheid vir die groter ander is genoegsaam.

Ek sien jy vra besorgd: “Gaan ek gekruisig word oor wat ek gedoen het?” Net die kleingeestiges sal dit doen, en hulle sterf buitendien vir ons met die finale bêre van dié laaste saakdossier.

Meer oor:  Piet Byleveld  |  Hanlie Retief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.