Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Net WP, Vrystaat lewer rugbytalent

In die kommersiële landbousektor is daar stoetboere.

Hulle teel die diere wat die kuddeboere dan koop om hul kuddes mee te verbeter.

Suid-Afrika het ook twee rugbyspeler-stoeterye.

Hulle voorsien die res van die land se unies en die res van die wêreld van talent.

Dié twee rugbyspeler-stoetboere is die Wes-Kaap en die Vrystaat.

Die ander unies het net kuddes, aangesien hulle slegs talent aankoop en nie self ontwikkel nie.

Hierdie kuddeboere koop elke jaar ’n klomp nuwe spelers waarmee hulle tog te windmakerig is.

Die jong spelers wat deur hul eie stelsel kom, moet maar elders ’n heenkome soek.

Indien dié spelers wel genoeg ontwikkeling toon, word hulle ná verloop van tyd weer deur hul oorspronklike unies teruggekoop.

Die rugbyraad kan gerus ’n reël instel om die kudde-provinsies te verplig dat minstens twee derdes van alle spanlede uit hul eie stelsel moet kom.

Niemand is seker van sy posisie nie, want die stiervegters op die Blou Bulle se Loftus Versfeld koop nou weer alles wat voorkom.

Meer oor:  Talent  |  Brief  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.