Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
NGK kan nie sy doodskleed afskud

Prof. Johannes Froneman se rubriek (of sal ’n mens sê stompsinnige lofsange) oor die NG Kerk (4.3) laat ’n mens jammerhartig voel.

Dit is duidelik hy het die kerk se klok hoor lui, maar hy weet nie waar die klepel hang nie. Die bel wat hy hoor, is vir ’n begrafnisdiens, sy kerk se uurwerk kantel.

Bitter min mense stel nog belang in dié argaïese instansie se doen en late. Skynbaar het daardie communiqué hom en die kerk nog nie bereik nie.

Die NG Kerk, prof. Froneman, ís tot ’n totale maatskaplik-politieke irrelevansie gerelativeer. Dit is onmoontlik vir dié kerk om sy doodskleed van die verlede af te skud. Die sogenaamde progressiewe wysigings is te laat. Dit is te laat vir liefde.

Van stad tot stad en dorp tot dorp het wit mans Sondag ná Sondag ná Sondag oor baie jare patriargie, homofobie en rassisme verkondig.

Elke gebou met sy toring na bowe is ’n simbool van haat, ’n middelvinger wat na liefdevolle medemenslikheid opgesteek is.

Die NG Kerk se geskiedenis is eenvoudig onvergeeflik. Dit was ’n plek van verwerping, vooroordeel en verdoemenis, waar middeljarige wit mans met grys skoene koning gekraai het.

Daardie kraai, is ek bevrees, is van die haan wat van julle verraaiers van die liefde gemaak het.

Meer oor:  Herman Lategan  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.