Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
NGK: Verval begin al in Nelus se tyd

Ds. Jan Louw, Reitz, skryf: Dr. Nelus Niemandt sê verlede week vir Rapport se verslaggewer dat die redes waarom die Moreletapark-gemeente die NG Kerk wil verlaat, toegeskryf moet word aan ’n tendens van die Afrikaner om laer te trek omdat ons glo bedreigd voel.

Bog, Nelus! Ek moet jou herinner aan jou bydraes tot die toestand waarin die NG Kerk nou verval het: Toe jy moderator was, het jy voor die berugte 2015-sinode aan koerante gesê: “My hoop is dat die lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele (oriëntasie) genormaliseer sal word (binne die kerk).”

Toe die NG Kerk in 2011 besluit het dat ons ruimte maak vir lidmate wat nie in die duiwel glo nie, het jy die besluit as moderator verdedig.

Jy het ’n boek geskryf waarin jy gedroom het van gemeentes wat in pas is met die postmoderne wêreld – ’n wêreld waarin daar onder meer ’n weersin teen dogma en waarheid is, ’n “ruim kerk” waar ons nie met mekaar rusie maak oor geloofsverskille nie.

Jy gee voor Nelus, dat jy hierdie liberale denke in die Bybel kry en jy dink dat volwasse Christene dit alles vir soetkoek opeet. Jou opvolger, Nelis Janse van Rensburg, bou lustig voort op die fondamente wat jy gelê het. Hy was opgewonde om die eerste gay leraar in die NG Kerk te verwelkom. Hy sou ook die eerste moderator van die NG Kerk geword het wat aan ’n gebedsbyeenkoms in ’n moskee deelgeneem het, as mense hom nie daarteen gewaarsku het nie.

Ek kan die moderator verseker daar is baie meer lidmate van die NG Kerk wat diep ontsteld is oor die dinge wat in ons kerk aan die gang is en lankal nie meer deel van die onheiligheid wil wees nie.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.