Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
NGV gaan SA krisis vererger

Die nasionale gesondheidsversekering (NGV) is iets waaroor ons reeds in 2011 deur ’n puik mediese vereniging ingelig is as synde ’n moontlike nuwe projek “waaroor ons ons eers báie later werklik hoef te bekommer”.

Nou is dié projek ’n nare werklikheid waarvan die ouer garde darem teen 2026 verlos sal wees – as hulle genadiglik nie meer leef nie. Ongelukkig sal ons dier­bares wat agterbly met die euwel opgesaal wees. Hulle sal ervaar hoe hulle in ’n demokrasie eintlik gevangenes is wat slegs sekere artse mag besoek soos deur die regering voorgeskryf (dalk Kubane wat hulle nie verstaan nie, of dieselfde diens lewer as waarop hulle nie kon staat maak nie).

Laat al die besware teen die NGV dr. Zweli Mkhize werklik koud? Menings soos “NHI won’t happen because this government can’t organise any­thing” (Dawie Roodt), of “The fatal flaws of NHI” (Business Live), of “Why the NHI is headed for disaster” (Business Tech), of “NHI fears: SA could face a shortage of doctors due to controversial bill” (The South African).

Net soos opposisiepartye geen verskil gaan maak aan die toepassing van die NGV nie, só sal die ingryping van lande wat die welsyn van al 55 miljoen van ons land in ’n ernstige lig beskou, niks kan doen aan ’n regering wat sedert 1994 soos ’n wegholtrein net voortsnel nie.

Die tyd sal leer hoedanig dié hulpmiddel om nog meer geld uit ons te wurg, ons land in ’n groter krisis sal dompel.

Teen die spoed wat mense emigreer en vermoor word, ondernemings sluit en belastingbydraes afneem, is dié plan doodgebore. Ons belastingbasis is te klein om dié monster te finansier.

“Maar dit werk dan in Swede.” Daar betaal 90% van die bevolking belasting. Hulle is baie meer homogeen, het nie ’n vigs- en weeskindkrisis, misdaadprobleem en die wanbesteding (plundering/diefstal) van belastinggeld nie. En net 3% is werkloos.

Meer oor:  Ngv  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.