Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nie alle sakelui is vrot appels nie

Werner Truter skryf oor die oënskynlike vergrype in ons ekonomie en die “vulgêre” aard van ekstreme rykdom.

Dieselfde “handjievol handelaars” wat hy van geldgierigheid beskuldig, neem egter duisende mense in diens en voorsien talle huisgesinne van ’n noodsaaklike inkomste. Daarsonder sal die lewenstandaard van Suid-Afrikaners vinnig kwyn en lei tot armoede en maatskaplike onrus.

Ons het wel ’n groot agterstand, soos aangedui deur die internasionale Gini-koëffisiënt wat die gaping tussen ryk en arm meet. Ons gaping is beslis te wyd. Maar die oplossing lê in kreatiewe denke, eerder as om die gans wat die goue eier lê, se nek om te draai. Eerstens is goeie opleiding nodig om te voorsien in opgeleide mensekrag en produktiwiteit.

Toegegee, ons kan nie “harde” kapitalisme toepas nie, maar liewer ’n sosialistiese kapitalisme wat beskermend teenoor armes optree. Daar is ek dit eens met prof. Sampie Terreblanche.

Ook moet ons arbeidswetgewing toegankliker maak vir werkgewers sodat hulle meer mense in diens kan neem sonder die drakoniese wette.

Die Steinhoff-debakel is nie ’n ware weergawe van die aard en wese van die sakesektor nie.

Hul vergrype is as gevolg van korrupsie, swak oorsig en oordeel. Om die sakewêreld oor een kam te skeer, is onbillik.

Meer oor:  Steinhoff  |  Ekonomie  |  Sakelui
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.