Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nie maklik om Nommer Een te bly

Die Blitsbokke het die afgelope Saterdag net weer geleer dit is makliker om Nommer Een te word as wat dit is om Nommer Een te bly.

Met Rosko Specman en Seabelo Senatla wat hulle terugkeer gaan maak na vyftienmanrugby, gaan die bult ’n bietjie stywer,

Nie net verskerp die ander spanne hulle aanslag om Nommer Een te onttroon nie, maar Nommer Een wyk soms om onverklaarbare redes van sy suksesresep af. Dan speel die skeidsregter soms ook ’n rol.

Dít is presies wat die afgelope Saterdag met die arme Blitsbokke gebeur het in die Kaapstad-sewestoernooi, toe hulle in die eindstryd met twee punte deur Nieu-Seeland geklop is.

In die Dubai-toernooi, voorverlede Saterdag, het die Blitsbokke verhoed dat Nieu-Seeland in die eindstryd ’n énkele punt verwerf. Dít het hulle gedoen deur die heeltyd in die Nieu-Seelanders se gesigte te boer.

In Kaapstad het hulle die Nieu-Seelanders skielik hope ruimte gegee. Dalk was hulle nog ’n bietjie pê ná die uitmergelende halfeindstryd teen Frank-ryk, toe hulle die wedstryd onnodig lank uitgerek het terwyl hulle gerieflik voorgeloop het. Neil Powell, die afrigter, was ooglopend ontsteld daaroor.

Hulle mis ook die akkurate vervyfskoppe van Cecil Afrika.

En om verder sout in die Blitsbokke se wonde te vryf het die skeidsregter, Jordan Way, wat nie sku is vir twyfelagtige beslissings nie, die Nieu-Seelanders op ’n kritieke stadium in die wedstryd met ongeoorloofde spel laat wegkom.

Met Rosko Specman en Seabelo Senatla wat hulle terugkeer gaan maak na vyftienmanrugby, gaan die bult ’n bietjie stywer, maar nie onmoontlik nie, raak om weer Nommer Een te word.

Meer oor:  Mystem  |  Blitsbokke  |  Briewe  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.