Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nie net een groep skuldig hieraan

Ek stem saam met Danie Brink se brief “Intellektuele sien net wit rassisme” (06.04) wat betref prof. Amanda Gouws se artikel/s oor rassisme. Dit lyk inderdaad asof intellektueles net wit rassisme raaksien. Dit waarvan Gouws praat, is natuurlik en menslik en kom beslis nie net onder wit mense voor nie.

Dit is nie opsigself sonde om jou eie soort te soek nie. Dit is wel sonde as dit omskakel in haat teenoor ander groepe. En weer eens is nie net een groep skuldig aan haat nie.

Die pryswenner in ons land is nie wit nie. Hy en sy volgelinge maak geen geheim van hul haat nie. Die ANC se swart bewustheid kompeteer fluks met wit bewustheid uit die pre-1994- ideologiese tydperk.

Meer oor:  Mystem  |  Rassisme  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.