Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Noakes sluit hom aan by lys verguisdes

Anneli Smit, Centurion, skryf:

Om beter te verstaan waarom prof. Tim Noakes so geviktimiseer word, moet ons net bietjie kyk na ’n verskynsel wat die Semmelweis-refleks genoem word.

Ignaz Semmelweis was die eerste dokter wat aseptiese tegnieke voorgestel het wanneer met pasiënte gewerk word. Sy werk het behels dat dokters hul pasiënte siek maak weens hul onsteriele metodes. Hieroor is hy verkleineer en gemarginaliseer en ontneem van sy reg om te praktiseer.

’n Britse dokter, Alice Stewart, het bewys dat die roetinepraktyk om x-strale van swanger vroue te neem die kanse vir kanker by hul babas verhoog. Die mediese gemeenskap het haar loopbaan as dokter vernietig.

Dieselfde lot het Herbert Needleman getref nadat hy studies gepubliseer het wat gewys het hoe giftig lood is en ook vir Rachel Carson, wat gewaarsku het
dat chemiese gifstowwe soos DDT ge­vaarlik is.

Noakes doen baanbrekerswerk in Suid-Afrika deur die nuutste studies oor gesondheid onder ons aandag te bring. Die manier waarop hy verguis word, is ’n hedendaagse voorbeeld van die Semmelweis-refleks.


Jannie van Niekerk, Riviersonderend, skryf:

Hanlie Retief se patetiese poging om prof. Tim Noakes te probeer uitbeeld as ’n verwaande persoon het glad nie geslaag nie.

Inteendeel. Dit het ons Banting-dissipels net blyer gemaak omdat hy sy hofsaak teen sy jaloerse vyande gewen het.

As ek wetenskaplike raad oor sportgesondheid moet volg, glo ek veel eerder vir Noakes as vir prof. Wim de Villiers (na wie Retief in haar artikel verwys).

Wat Noakes nog geloofwaardiger maak, is die feit dat ek minstens 11 dokters ken, almal ook atlete, wat Noakes onvoorwaardelik steun.

Meer oor:  Tim Noakes  |  Hanlie Retief  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.