Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nog stof tot nadenke oor Jansen

Die afgestorwe joernalis Chris Louw skryf in “Die oop gesprek” (Rapport 25.10.2009): “Jonathan Jansen is ’n wolf in skaapsklere”. Louw se mening laat stof tot nadenke in die afloop van sy twiet-storm.

Jansen se galbrakery oor Afrikaans is alom bekend. In dié verband het Louw geskryf: “Afrikaners se aandrang op Afrikaans as onderrigmedium het, volgens Jansen, eintlik maar ten doel om ’n taal-muur te skep; dis ’n dekmantel om wit bevoorregting te verskans en lede van ander rassegroepe op die kampus te vervreem”.

Nou, tien jaar later, sê Jansen ná die onlangse uitspraak in die konstitusionele hof, dat Universiteit Stellenbosch se beleid van Engels as onderrigtaal inklusief en regverdig is en dat die stryd om Afrikaans nooit oor die taal gegaan het nie, maar oor die behoud van Afrikanermag.

Ek weet nie wat presies in die boekwinkel plaasgevind het nie, maar dalk kan Jansen die woorde van Kevin Hart ter harte neem: “Being humble matters”.

Meer oor:  Afrikaans  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.