Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nogtans bly SA ’n land van hoop

Beeld berig (01.02) heel gepas oor die skok wat adjunkhoofregter Raymond Zondo uitspreek oor die totale gebrek aan enige erkenning en enige aksie deur verantwoordelike ANC-ministers, direkteurs-generaal en portefeuljekomitees van die parlement asook individuele LP’s.

En dit ten spyte van die magdom bewyse van, en verslae oor massiewe wanbestuur en -prestasie en die ongelooflike skaal en omvang van korrupsie in die regering. En wat veral by staatsdiens- en verwante organisasies gedurende die afgelope jare gebeur het en toegelaat is (deur wat eendag seker nog as die Jacob Zuma-regime beskryf sal word).

Daarby kan dik boeke natuurlik geskryf word oor die aktiewe ondersteuning en beskerming van Zuma en sy misdadige trawante deur ’n groot deel van die regering.

Nogtans bly Suid-Afrika ’n land van hoop en ryk in bronne en geleenthede, mits gewone mense – ryk en arm – oor kleur-, herkoms-, politieke en ander grense heen kan saamstaan teen diegene wat bewys het dat hulle geen integriteit het nie. En boonop die slagspreuk van “ons doen dit vir die mense” misbruik om hul misdade mee te kamoefleer.

Meer oor:  Raymond Zondo  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.