Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nou moet see dié probleem oplos

Met verwysing na Gys Rossouw se brief (10.01) wys ek daarop dat die Strand in die vloedvlakte van die Lourensrivier geleë is. Ons vergeet dit, want ’n tak van die Lourensrivier is vroeër naby Radloffpark afgesny deur die stigting van landgoedere.

’n Vorige munisipaliteit het daardie tak en die Soetrivier onderdeur Naomistraat gekanaliseer om in die Greenways-landgoed te beland, deur na die see by wat hulle noem Emeraldbaai.

Ek het al in 2018 en 2019 die situasie van besmette rivierslote skriftelik aan die subraad verduidelik en voorgestel hoe om dit reg te stel voordat siektes, brande, ensovoorts daar die oorhand kry – sonder enige resultaat.

Ja, en uiteindelik moet die see nou die probleem oplos!

Meer oor:  Strand  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.