Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nou of nooit vir Zondo

Elvis se” it’s now or never” (1960) laat my aan die Zondo-kommissie dink.

Daar is geen fout te vind met die verlenging van dié kommissie se mandaat nie. Wat egter pla is die gebrek aan strafregsake en arrestasies van hoofrolspelers.

Regter Raymond Zondo sal leiding moet neem en aanbevelings doen rakende bepaalde aanklagte teen spesifieke individue. Is dit binne sy mandaat? Indien hy so ’n aanbeveling oorweeg, moet dit deurlopend tydens die kommissie se werksaamhede gedoen word en nie aan die einde van ’n jare lange proses nie.

Die staatskaping-beweringe is so omvangryk en ernstig dat die kommissie se rol nie beperk kan word tot die opstel van ’n verslag nie.

Staatskapers se tentakels is moontlik in alle staatsinstellings aanwesig en dit mag nie aan hulle oorgelaat word om alleen besluite rakende moontlike vervolging te doen nie.

Ek kan nie sien dat die SAPD, Valke of die nasionale vervolgingsgesag die moed het om die regte besluite te neem waar hulle eie lede moontlik betrokke is of waar ander senior amptenare en politici vervolg behoort te word nie. Tydsberekening speel ’n wesenlike rol. Die Guptas se verdwyning dien as voorbeeld.

Dit is noodsaaklik dat die Zondo-kommissie die ongewilde en moontlik lewensbedreigende besluite oor vervolging moet neem en daardeur die moontlike druk, bedrog, korrupsie, regsverydeling, kader-beskerming, toesmeerdery en verdere staatskaping by staatinstellings beperk.

Die verwagte aanbeveling dat die onderskeie staatsdepartemente die nodige stappe moet doen, is onaanvaarbaar en dood gebore. Slegs ’n paar junior rolspelers sal vir die wolwe gegooi word. Nog ’n twyfelagtige vyfjaar-proses.

Tans ontstaan die gevoel dat die kommissie se doel wentel om die openbaarmaking van inligting, waarna almal kop skud en snak na hul asem maar bitter min daaromtrent gedoen word! Dis nou tyd vir besluitneming en optrede!

Die uiters duur kommissie sal gemeet word aan die resultate wat daaruit voortspruit en ek hoop nie dat dit eendag in dieselfde asem as die Seriti- kommissie genoem sal word nie.

Meer oor:  Mystem  |  Zondo-Kommissie  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.