Johann Maarman se stuk “ ‘Tool sal nou-nou kom . . .’ het Liezel gesê” (15.05) het my trane laat vloei.
Hoeveel mense se lewens moet nog verwoes word deur sinlose moorde? Verreweg die meerderheid van ons kleurryke bevolking is vredeliewend, maar tog het die misdadigers die oorhand.
Nou is die tyd om gesprekke, byeenkomste, indabas en konferensies te reël om oplossings vir hierdie epidemie te vind.
Nou-nou loop die uurglas ook leeg vir jou en my.