Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nuwe telefone ‘bied nie stempos’

Ek wil graag ontvangers van die nuwe vesellyn-telefone inlig dat hierdie telefone, anders as die vorige koperkabel-landlyntelefone, glad nie voorsiening maak vir die herwinning van stemboodskappe nie.

Dít ten spyte daarvan dat inbellers nog steeds deur die Telkom-stelsel genooi word om ’n stemboodskap te laat, en dus aanvaar dat die ontvanger die boodskap sal ontvang.

Verder is die vesellyn-telefone van Eskom-krag afhanklik en het rugsteun-batterye wat ná vier ure uitgeput sal wees.

Dit beteken dat gebruikers van hierdie telefone in geval van ’n kragonderbreking ná vier ure óók geen telefoondiens sal hê nie! En dit op ’n tydstip wanneer hulle dit dalk die nodigste het!

Meer oor:  My Stem  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.