Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nuwe US beleid moet hersien word

Die Universiteit Stellenbosch se onlangse aankondiging van’n R9-fooi per enkelrit as deel van sy aandpendeldiens vir studente (gratis tot op hede) is hoogs problematies.

Nie net is dit uit voeling met die huidige konteks van hoër onderwys in Suid-Afrika waar studente nog daagliks baklei vir bekostigbare onderwys vir almal nie, dit is ook onverantwoordelik in terme van studente se veiligheid.

Eerstens, het enige student regtig geld wat rondlê om ewe skielik vir ‘n diens te betaal wat nog altyd gratis was? Tweedens, weet ‘n student regtig dat hy een dag op ‘n reën dag ‘n aandpendeldiens gaan benodig en dat hy voor daardie tyd geld op sy studentekaart moes laai? Wat van noodgevalle en situasies waarvoor nie beplan is nie? Hoe gemaak as ‘n student eenvoudig net nie geld het nie? Studente sal dan tot 6 km ver moet stap en hoop hulle kom een stuk by die huis aan. NSFAS- en beursstudente kry glo ‘n subsidie, maar hulle moet weer eens hul behoeftigheid êrens gaan verduidelik en aansoek doen. 

Waar pas die US se waardes van deernis, respek, billikheid en verantwoordbaarheid dan nou in by die nuwe beleid en die implementering daarvan? Die studenteraad het die beleid laas week in ‘n verklaring verwerp, maar die universiteit het dit kort daarna in elk geval aangekondig en wyd geadverteer. Die US-bestuur moet onmiddellik die beleid hersien. Die aandpendeldiens behoort gratis te bly en moet selfs uitgebrei te word.

Meer oor:  Universiteit Stellenbosch  |  Stellenbosch  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.