Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Nuwe vlag is ’n nare simbool

Rouen Pallas, Port Elizabeth, skryf: Azille Coetzee se skrywe oor die “ou” vlag asook Frits Gaum en Annie Olivier se opmerkings verwys (15 September).

Die “nuwe” vlag is vir my en seker talle ander net so afstootlik en hatig.

Sedert 1994, toe die ANC-SAKP die land op ’n skinkbord gekry en oorgeneem het by FW de Klerk en sy gestorwe NP, is vyf lede van my eggenote se familie (vier vroue tussen 60 en 75 en ’n man van 21) doodgekap en geskiet.

Niks is gesteel nie.

Sedert 1994 ervaar ons land stygende verkragtigs en moord op vroue en kinders. Staatskaping, verval van alle staatsdepartemente weens onbekwame kaders, rooftogte, plaasmoorde, vernietiging van eiendom . . . Die “nuwe” vlag simboliseer vir my die voortsetting van die ANC-SAKP se “struggle-kultuur” van “demand and destroy”.

Oral sien ons skynheiliges, sedeprekers, bruikbare idiote, liggelowiges, blatante leuenaars, oningeligte sogenaamde kenners, skrywers, meningvormers en wie weet wat nog al wat op hul eie “missie” is om die land te red.

Van wat en van wie, wonder ek?

Hulle is so meegevoer deur halwe waarhede van die ANC-SAKP dat hulle nie meer die werklikheid sien nie. En nou is SA se afgod – Cyril Ramaphosa – ook ’n lofsanger vir een van Afrika se wreedste leiers, Robert Mugabe.

Ek skaam my vir oningeligtes en skynheiliges soos Coetzee en Olivier. Hoeveel lede van hul families is al vermoor?

Magda Greyvenstein, per SMS: Annie Olivier, ek het mededoë. Maar nie met alles waarvoor die nuwe vlag staan nie. Moord, geweld teen vroue en kinders, afbrand as jy nie jou sin kry nie. Is jy trots op jou nuwe vlag? Ek sidder.

Meer oor:  Rouen Pallas  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.