Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
NWU ná 68 j. nie meer almal mater

Ek kyk die middag laat na die Varsitybeker-wedstryd tussen die Pukke (sic) en Wits. Iewers in my binneste leef daar nog iets van ’n nostalgiese trots toe die Pukke Wits so vermorsel.

Toe lees ek die volgende oggend dr. Pieter Mulder se brief, waarin hy sê dat die Noordwes-Universiteit (NWU) nie meer sy alma mater is nie.

Dit is ’n gevoel wat ook al lankal by my leef en dit is versterk met die besluit dat daar vanjaar geen feesviering sal wees nie. Toe ek vroeg in 1951 as eerstejaartjie by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) aangemeld het, was dit met ’n gevoel van versigtige afwagting. En toe die groot opgewondenheid op Saterdag 17 Maart 1951 – die instelling word ’n selfstandige universiteit.

Toe, ná ’n klompie jare, is ek op 1 Januarie 1969 weer terug.

Daardie jaar is Mulder studenteraadsvoorsitter en die PU vir CHO vier sy 100-jarige bestaan. Mimi Coertse sing Pieter de Villiers se toonsettings van die Boerneef-liedere. Ná 25 jaar as dosent tree ek in 1994 af.

Ek het die Pukke se doen en late nougeset gevolg. Tot onlangs toe. Dit is ná 68 jaar ook nie meer my alma mater nie.

Meer oor:  Pukke  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.