Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
OB se uitsprake laat mens wonder

Die uitsprake van die OB, adv. Busisiwe Mkhwebane, raak by die dag meer absurd.

Dit lyk asof sy reken dat sy meer wys­heid as regters en kommissies het.

Haar onderrok vir haar afkeur van mense wat werklik probeer om die land vorentoe te neem, hang by die dag meer uit. Haar bevindinge teen Pravin Gordhan en Ivan Pillay staan in skrille kontras met haar bedenklike bevindinge oor die mislukte Vrede-suiwelprojek. Hiermee wil ek nie beweer dat Gordhan en Pillay so wit soos lammertjies is nie, maar haar verslag wys volgens berigte gebrek aan insig ten opsigte van haar werklike taak.

Waarom word daar so met mag en mening jag gemaak op die sogenaamde spioenasie-eenheid van die SAID? As ek dit reg verstaan, is die eenheid ingestel om jag te maak op misdadige elemente wat belasting ontduik. Beskou sy die eenheid as onwettig omdat dit ingestel is om misdadigers aan die man te bring, of wat is die ware rede vir die ondersoek?

Uit haar uitsprake lyk dit asof sy haarself gelyk met die Grondwet ag, en dat sy die president kan “beveel” wat om te doen. In haar eie oë is sy dus die tweede vernaamste instansie in die land as dit by die beoordeling van en uitsprake oor regsake kom.

As ’n mens na die media luister, is daar al hoe meer bedenkinge oor haar gewaande bekwaamheid uit die geledere van die mense wat haar in daardie amp gestel het. Hoe lank kan hierdie land wat so gebuk gaan onder korrupsie en staatskaping, nog só ’n OB bekostig?

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.