Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
OBK speel Monopoly met pensioengeld

In die uitgawe van Business Day gedateer 6 Februarie noem Magda Wierzycka ’n groot aantal betalings wat die OBK aan verskeie instellings gedoen het – instellings wat die OBK “behulpsaam” was om beleggings te doen, met ander woorde as tussenganger op te tree.

Foto:

Na aanleiding van vorige berigte oor die werksaamhede van die OBK, soos aan die kommissie oor die OBK voorgehou, het ek gedink die OBK doen letterlik alles rakende voorgenome beleggings.

Selfs vir my as ’n leek lyk sommige van die bedrae uiters verdag, byvoorbeeld: Mergence is ’n klein boetiekbeleggingsbestuurder en het glo saam met ’n ander raadgewende maatskappy R203 miljoen gekry om die OBK met ’n “ingewikkelde” Vodacom-transaksie by te staan.

Vir hierdie bedrag moes dit baie goeie advies vir ’n baie ingewikkelde transaksie gewees het.

Wierzycka is ’n gerekende ontleder en sou nie sommer ’n fout met die inhoud van die berig gemaak het nie en die leser kan dus aanvaar dat daar waarheid in haar bewerings is.

In ag genome die genoemde betalings is van die kundige personeel by die OBK eintlik oorbodig en kan dus uit diens gestel word. Sou die lede volgens die OBK wel alle ondersoeke met betrekking tot voorgenome beleggings gedoen het en dus nie oortollig wees nie, moet die betalings wat in die genoemde berig gemeld word as vrugtelose uitgawes geklassifiseer word.

Het die OBK gedink hy speel Monopoly deur sulke bedrae (geld van die GEPF!) aan relatief onbekende makelaars, adviseurs of tussengangers te betaal? Sou hier werklike geld uitbetaal wees, was daar (is daar dalk steeds) groot ongerymdhede aan die gang.

Indien die geld van die GEPF omsigtig belê is, kon die jaarlikse aanpassing dalk meer gewees het.

Dalk is die tyd ryp vir ’n diepte-ondersoek en gepaardgaande leefstyloudit van lede van die OBK sodat die skuldiges aan die pen kan ry en die vrugtelose uitgawes verhaal word.

Dalk is dit die spesiale ondersoekeenheid se eerste saak soos in die staatsrede aangekondig.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.