Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Olivier het gesien hoe wind waai

Veels geluk, Duanne Olivier! Jy het gesien hoe die wind waai en ook van Kyle Abbot en Rilee Rossouw se lot kennis geneem. Jy het gekies om jou geld te verdien deur te speel in plaas van om betaal te word om die Proteaspan se waterdraer te wees.

Ek het die afgelope reekse taamlik gereeld op SuperSport en SABC3 dopgehou en deurgaans is daar verwys na die afwesigheid van Lungi Ngidi en hoe gelukkig jy was (en ons?) om jou as plaasvervanger te gehad het, en ook dat Ngidi aan’t herstel was.

Jy kan in die drie jaar jou arsenaal verder ontwikkel en as hulle jou dan wil hê, dan wen almal.

Ek dink hoeka KSA het eintlik vir jou in gedagte gehad om Dale Steyn te vervang, maar vir hoe lank moet jy eers ’n waterdraer wees, en wie sê daar kom nie nog ’n speler van kleur te voorskyn wat ook potensiaal toon nie?

As jy Sondae ná middagete poeding soek, moet net nie vra vir Yorkshire pudding nie.

Sterkte, en ons hoop om gereeld te hoor hoe jy presteer.

Meer oor:  Duanne Olivier  |  Krieket  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.