Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Om die kunsspoor byster te raak

Was “banale rympies, armoedige melodietjies en meganiese ritmes” in Suid-Afrikaanse musiek maar die enigste dorings in die vlees. Wanneer laas het die beswaardes ’n nuwe kunsuitstalling besoek?

As teenvoeter vir depressie het ek as kunsleek leiding gekry deur Die Burger se resensies van uitstallings te lees, wat voortreflik behartig is deur Deon Viljoen en Zirk van den Berg. Ook die radiorubriek en resensies van die simfoniekonserte het my smaak help slyp.

Die dinge word helaas nie meer gepubliseer nie. Maar miskien het ek, ondanks dié hulp, tog ontspoor: In die puik Rupert-kunsmuseum op Stellenbosch is nie ’n enkele werk van my gunstelingkunstenaar, Christo Coetzee, nie.

Vir die musiekbeswaardes is daar uitkoms. Nederland se Radio 4 bied alles wat jy soek – min kommentaar, goeie musiek en geen advertensies.

Terloops. Nederland het oor die 20 radiostasies – dalk een vir elke smaak. Veral as jy FMR verwar met die laaste buitepos van die Britse Ryk.

Meer oor:  My Stem  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.