Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Om jammer te sê . . . of dalk nie

Ek gaan my kop in ’n bynes steek en aansluit by die gesprek oor jammer sê of nie jammer sê nie. Van Bouwer Bosch weet ek baie min, behalwe dat hy seker my kleinkind kon gewees het en vir Danie Marais het ek nog altyd die grootste respek gehad.

Bedoel Bouwer met sy jammer sê dat hy dink die verlede en die mense daarin was verkeerd, skurkagtig, selfsugtig, rassisties, seksisties? Ek dink nie so nie.

Hy erken maar net dat hy bevoordeel is deur ’n stelsel wat baie seer en onherstelbare skade teenoor ander veroorsaak het.

Vir my is dit soos dat ’n seun wat destyds kon gaan studeer omdat hy manlik is, teenoor sy suster wat by die huis moes sit en wag totdat iemand haar vra om te trou, sal erken dat hy kanse gehad het wat nie vir haar beskore was nie.

Nie omdat sy ouers onregverdig was nie, maar omdat dit in daardie tyd die “in”-ding was. Om dan later aan sy suster te sê hy is jammer omdat hy voordeel getrek het uit wat toe die norm was, is ’n besef dat hy insien hoe moeilik die stelsel vir haar was, dat sy vanweë die stelsel veel minder moontlikhede gehad het. Vir haar heel dit die bitterheid, want iemand verstaan dat sy ook drome gehad het.

Ons land is in so ’n groot gemors van haat en groeiende rassisme en ek sien nie lig nie. Maar miskien bring een persoon se begrip vir een ander mens heling. Ek doen dit al jare, hierdie jammersê-ding; teenoor my swart huiswerker, die bruin man met die potblou oë wat een keer per week in my tuin werk en moet maak soos ek sê.

Die reaksie wat ek nog altyd gekry het, was oorweldigend positief. Probeer dit ’n keer! Nie in die openbaar nie, want jy sal verswelg word deur die skokkende rassisme en ontkenning – almal van mense wat deur die verlede bevoordeel is.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Danie Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.