Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Om te protesteer of nie, dis die vraag

In Johannesburg is daar blykbaar strate versper en vuilgoed rondgestrooi deur individue wat "protesteer" teen die versuim van sekere arbeiders om die stad se afval en rommel op te ruim.

Die werkers was glo nie beskikbaar nie, want hulle het gestaak in "protes" teen te min geld ens ens, ons ken die storie.

Die rede waarom die individue die vuilgoed gestrooi en die strate versper het, was glo dat die vuilgoed hulle siek kan maak as dit nie verwyder word  nie.

Nou, dit is, in die lig van die gebeure by sekere hospitale, beslis 'n geldige rede om bevrees te word en in belang van jou gesondheid, streng en kragdadig op te tree.

Ek meen, as jy sou siek word en genoodsaak wees om na die hospitaal te gaan en daar opgeneem te word - wel, jou lewe is in gevaar!  Want daar is ook individue wat redes het om ongelukkig te voel en om te "protesteer" teen wat ook al en siedaar, hier is jy in die bed, so siek soos 'n hond, en die dokter en die verpleegpersoneel kom net nie en die medisyne is op, en buite dans die "protesteerders" rond en jy vergaan van die pyn!

Man, dan hoop jy seker dat jou begrafnispolis darem reg is en dat die ondernemer en sy manne nie op die bepaalde dag ook rede tot "protes" kry nie, want word dan van jou? 

Die lewe in die nuwe Suid-Afrika is darem maar moeilik.

Om te "protesteer" of nie te "protesteer" nie, dit is die vraag, om wyle Shakespeare aan te haal.

Meer oor:  Willem De Haan  |  Welgemoed  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.