Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Onderrig net in Engels is outyds

In die hoofartikel (04.02) kritiseer Beeld die Universiteit van Pretoria tereg oor sy kortsigtige besluit om Afrikaans finaal as onderrigtaal uit te faseer.

Volgens Tuks word dit gedoen om die universiteit ’n voorste internasionale instelling te maak. Die Tuks-base glo dit is die moderne manier en dat hul denke ver voor is.

Feite bewys dat dit outydse denke is en dat hulle uit voeling met die voorste internasionale denke hieroor is.

Gaan lees die Verenigde Nasies se “Unesco Guidelines on Language and Education”, waarin drie onderwysbeginsels uitgestippel word.

Die eerste beginsel handel oor die belangrikheid van moedertaal-onderwys soos internasionale navorsing bewys het. Die Chinese land op die maan met moedertaalonderrig tot op universiteitsvlak.

As Tuks bekommerd is dat dit nie die Suid-Afrikaanse situasie aanpak nie, moet die base Kath­leen Heugh, bekende taal- en onderwyskenner voorheen van die Universiteit van Kaapstad, se “The Case Against Bilingual and Multilingual Education in South Africa” lees.

Neville Alexander, voormalige Robbeneiland- politieke gevangene en taalkenner, het gewaarsku teen presies wat Tuks voorstaan. Volgens Alexander gaan so ’n beleid van Engels alleen 80% van alle Suid-Afrikaners tot permanente middelmatigheid en eintlik tweedeklasburgerskap verdoem.

Natuurlik is Engels belangrik en ondersteun ek ten sterkste dat dit aangeleer moet word. Unesco se tweede beginsel bewys egter dat veeltaligheid slegs suksesvol aangeleer kan word op ’n aanvanklike basis van goeie moedertaalonderrig. Dit is hoekom studente wat hul onderrig in Afrikaans ontvang het, so goed in die buiteland en in Suid-Afrika ook in Engels vaar.

Ongelukkig is my voorspelling dat Tuks hiermee nie ’n voorste internasionale instelling gaan word nie – inteendeel. Bêre my brief vir tien jaar en bewys my dan in belang van Suid-Afrika verkeerd.

Meer oor:  Afrikaans  |  Potchefstroom  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.