Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ondersteun dié entrepreneurs

Ek is een van daardie groep mense wat weens omstandighede in die land my werk verloor het.

Gelukkig het ou vriende my nood raakgesien en ’n hand na my en my vrou uitgereik met ’n geleentheid om weer van die lewe ’n fees te kon maak.

Ons is die pos aangebied om ’n kleinerige handwerk- en kunsmark te bestuur en uit te brei. Op die ouderdom van 70 het ons die geleentheid aangegryp en ons het al die doelwitte aan ons gestel, bereik.

Miskien lees iemand hierdie brief en gee meer aandag aan ons nuwe generasie merkwaardige entrepreneurs!

Ek noem dit slegs as agtergrond om met Beeld-lesers te deel wat ons skielik beleef het.

’n Mark bestaan uit mense wat op ’n naweek soggens baie vroeg opstaan, mark toe kom en hul stalletjies kom opslaan. Dan staan hulle die hele dag en werk in die hoop dat daar mense sal kom wat iets by hulle sal kom koop wat van hulle dag ’n sukses sal maak.

AfriForum het ’n rukkie gelede melding gemaak van die feit dat Suid-Afrikaners meer en meer aangewese sal wees op eie inisiatief.

Wat ons hier by die mark leer, is die ongelooflike entrepreneurskap wat ons mense aan die dag lê.

Ons staan verstom oor die verskeidenheid produkte wat hoofsaaklik handgemaak of verwerk word om by die mark aangebied te word.

Ons wil u as die publiek versoek om hierdie mense raak te sien en te ondersteun.

Menige van hulle se volle maandelikse inkomste word so verdien. Ander hoop om hul pensioen, wat maar klein is, aan te vul sodat hulle beter kan oorleef.

My mening is dat daar nie genoeg erkenning en waardering vir hierdie besondere mense is wat nie in sak en as gaan sit het nie, maar wat hard werk om nie ’n las vir hul kinders of die staat te wees nie.

Selfs die media sien dalk te min raak wat hierdie mense vermag.

Miskien lees iemand hierdie brief en gee meer aandag aan ons nuwe generasie merkwaardige entrepreneurs!

Meer oor:  Mystem  |  Entrepreneurs  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.