Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Onderwys is belangrikste sektor in ekonomie

Ek wil graag etlike sake bymekaar bring en dan ’n stelling maak.

In die brief “BBP-beskerming vreet geld” (28.03) wys Koos Kotze daarop dat die staatsbegroting aan elke BBP byna R49 miljoen per jaar beloop. Hy beweer dit is immoreel en skandalig.

Ek stem saam. Trouens, ek vra die vraag: Is daar bewyse of ’n vermoede dat hulle werklik bedreig word?

As my geheue reg is, was dr. Hendrik Verwoerd die laaste hooggeplaaste wat vermoor is.

Tweedens: In Arm Onnie se brief “Besin oor onnies se salaris” (28.03) word daarop gewys dat onderwysers in vergelyking met verskillende politici, leiers en regters in die land bitter min verdien. Hierdie salarisse is in Beeld (26.03) uiteengesit in “Soveel verdien regters, tradisionele leiers”.

Derdens: Koning Buyelekhaya Dalindyebo van die Temboes het gewelddadig opgetree terwyl hy op parool uit was. Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa hom begenadig het terwyl hy tronkstraf vir vorige gewelddadige optrede uitgedien het. Hy toon myns insiens geen respek vir die regstelsel nie en is steeds vasgevang in die gebruike van die vorige tuislande.

Wat nie vir my sin maak nie, is dat tradisionele konings en leiers elk ongeveer R1 miljoen per jaar verdien (die Zoeloe-koning 70 keer meer).

Vervul hulle werklik ’n noodsaaklike rol in ons staatstelsel?

Wat sou gebeur as die betaling van meer as R1 miljard per jaar aan hierdie groep gestaak sou word? Is dit nie bloot stemkopery deur die ANC nie? Hoe regverdig ’n mens dat daar vandag nog ’n Suid-Afrikaanse regstelsel en ’n parallelle tradisionele regstelsel is?

Die onderwyssektor is myns insiens die belangrikste sektor in die ekonomie, want sonder goed opgeleide jongmense gaan ons ekonomie nie kan groei nie. Ongelukkig verdien onderwysers baie minder as tradisionele leiers.

Gevolglik lei ek af dat die staat se begroting nie verband hou met die sosiale en ekonomiese realiteite en prioriteite van die land nie.

Meer oor:  Mystem  |  Onderwys  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.