Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons beleef kerk baie anders

Die hoogs destruktiewe trant van die artikel deur dr. Chris Jones (05.09), asook sy venynige aanslag op die NG Kerk as instelling, en by direkte implikasie op die lidmate van die NG Kerk, het betrekking.

Volgens Jones is lidmate van die NG Kerk klaarblylik onkrities, onnadenkend, sonder gesonde insig en besef nie dat die NG Kerk as instelling hulle oor ‘n afgrond van onkunde lei nie.

Jones dink skynbaar hy het alle wysheid in pag. Hoe anders kan die skrywer se uitasem tirade teen die NG Kerk en sy leierskap, strukture en lede vertolk word? 

Die aard en ondeurdagtheid van die skrywer se bewerings teen die NG Kerk beroof die artikel van alle geloofwaardigheid. ‘n Mens wonder  net waarom hy met soveel drif probeer seermaak.

Die artikel is deurspek  met hoogs aanvegbare en dikwels irrelevante stellings en bewerings. ‘n Sistematiese weerlegging daarvan sal heelwat  tyd en moeite verg, wat waarskynlik met meer vrug vir ander konstruktiewer diskoerse benut kan word. 

Maar intussen kan ons as lidmate van die NG Kerk  nie net terugsit en hierdie verbete aanslag op ons geliefde kerk  ignoreer nie. Ons getuig sonder voorbehoud  dat Jones se beskrywing van ons kerk glad nie strook met ons s’n as meelewende lidmate van die NG Kerk nie.

Ons belewenis en  meelewing  is gans anders. Dit is jammer dat Dr Jones nie met soveel passie oor die reuse en onbaatsugtige  werk wat die NG Kerk op sosiaal-maatskaplike gebied doen, skryf nie. Derduisende landsburgers en  mense wat verskillende vorme van wanhoop, ontbering, trauma, hartseer en nood ervaar, word deurlopend  deur die kerk gehelp – van individuele, gemeenskaplike, gemeentelike en  tot sinodale vlak.

Ons deurlopende belewing is van ‘n kerk  wat deur baie lidmate se toewyding inspirerend, sorgsaam en opbouend is, wat sensitief is vir ander, binne en buite sy gemeentes, in gans Suider-Afrika en verder. ‘n Kerk wat, waar die Here God ook al geleenthede skep om Sy Woord, liefde en deernis uit te dra en met ander te deel, dit wel doen. 

  • Hierdie brief is afkomstig van die volgende persone, in alfabetiese volgorde: B Baard, Van Riebeeckshof; Botha, Eversdal; B. le Roux Snr, Loevenstein; F. Schade, Welgemoed;  R.Schoeman, Van Riebeeckshof; en K. van der Merwe, Welgemoed 

Meer oor:  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.