Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons besef nie aldag gevare van kuberruimte

’n Pragtige jong meisie, met die helfte minder klere aan as die noodsaaklike minimum, is in ’n vrolike bui en neem ’n selfie in die vollengte badkamer­spieël.

Sy stuur dit met ’n ondeunde glimlaggie per kubersein aan haar nuwe vriend.

Niks verkeerd met ’n bietjie onskuldige (?) pret privaat tussen twee vriende nie, dink sy.

Maar toe nié!

Dié vriend is sonder dat sy dit weet ’n skarminkel wat by tien van sy pelle loop en spog met sy sexy meisie.

Dié tien stuur dit elkeen aan tien ander, hulle aan nog tien . . .

Ná die sesde fase van hersendings is die “send”-knoppie al ’n miljoen keer gedruk.

Wat bedoel was as ’n stoute grappie, ontaard in ’n onkeerbare monster wat haar reputasie aan flarde skeur!

In die praktyk loop só ’n boodskap dood sodra dit die eerste senders weer uit verskillende rigtings begin bereik, dog dan is die skade reeds onomkeerbaar.

Teoreties is dit moontlik om ná die negende fase van hersending reeds ’n duisend miljoen mense te bereik – dit met net ’n tienvoudige vermeerdering in elke fase.

Die meeste van ons speel argeloos rond in die kuberruimte, maar dis in werklikheid so gevaarlik soos om in leeuwêreld te loop en voëltjies kyk.

Meer oor:  Jan Venter  |  Kuberveiligheid  |  Kumberruimte  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.