Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons bly glo dat dit beter sal gaan

Na aanleiding van ds. Dawie Botes se brief (03.10) waarin hy aantoon dat pres. Cyril Ramaphosa  kort  onlangs ‘n leuen oor plaasmoorde  vertel het.

Ja dominee, u is heeltemal reg. Wat my verder  pla is dat pres. Ramaphosa sedert 1995 oor en oor ekonomies bemagtig is, in só n mate dat hy ‘’n miljardêr geword het. Moes hy nie , byvoorbeeld toe sy bemagtiging die R50 miljoen-kerf verbygesteek het, die bemagtigers versoek om op te hou om hom  te bemagtig nie? Hoe banaal ekonomies bemagtig wou hy dan word? 

Was daar nie ‘n etiese plig op  hom om op n stadium te sê, hokaai, ek het nou genoeg, gee vir hulle wat niks het nie?  Is dit nie die ware doel met ekonomiese bemagting nie, dat die bemagtiging oor ‘n wye spektrum onbemagtendes  strek.

Die ander aspek wat my pla is dat hy die laaste  jare  geweet het van staatskaping en enorme bedrog en diefstal van die land se  geld en hy het, sover ek weet, niks daaraan gedoen nie. Erger nog, hy was  jare en jare die voorsitter van die ANC-liggaam wat kaderontplooiing geörkestreer het, en, soos ons almal weet, met katastrofiese gevolge.

Daar is een ligpunt. Zuma was ‘n misoes van sodanige  enorme  omvang en intensiteit  dat Ramaphosa inderdaad  soos ‘n  oulike president voorkom,  vol belofte  ten spyte van die tekortkominge. 

Ons arme land is  so erg verwoes dat ek , ten spyte van alles, styf duim vashou dat ons nuwe president sukses behaal.  Met bykans  verwagtinglose blymoedigheid hou ons almal aan met glo dat dit dalk tog  eendag sal beter gaan.

                       

                       

Meer oor:  Johan Wepener  |  Durbanville  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.