Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons eer Mitah se nalatenskap

Saterdag ’n jaar gelede is ons huiswerker, Mitah Mphinya, in ’n huisroof noodlottig beseer terwyl sy my en ons gestremde seun, Jandré, tuis probeer beskerm het.

Ek was siek aan kanker, brandmaer en in ’n rolstoel. Skielik het ek Mitah hoor gil. Sy is buite deur twee mans oorval. “Dis ons beurt” was my gedagte. Toe ek opstaan, loop ek vas in ’n jongman met ’n lang selfgemaakte mes. Ek was so swak ek kon nie ’n sleutel in ’n sleutelgat gedraai kry nie. Ek is oorval en vasgebind. My voet is erg beseer.

Mitah het haar steeds verset en is sewe keer met ’n mes gesteek voordat haar kop teen ’n muur verbrysel is. Die mans het weggehardloop, blykbaar toe Jandré verskyn.

Dit was Vrydagoggend en Mitah is die Sondagoggend vroeg in die hospitaal oorlede.

Die publikasies wat hieroor berig het, veral die Afrikaanse publikasies Volksblad en Netwerk24, is oorval deur lof vir Mitah en haar groot daad. Die reaksies het getoon die gesindheid onder grondvlakmense is baie beter as die reaksies van sekere politici. Trouens, ons kon ’n bundeltjie saamstel en uitdeel by die begrafnisdiens, wat my vrou, Joan, in Suid-Sotho toegespreek het.

Ons het elk die trauma op ’n eie manier verwerk. Steun het van alom gekom.

Mitah het in haar eenvoud bewys daar is nog ’n gesonde onderlinge gesindheid in ons diverse samelewing. Haar voorbeeld het bygedra dat ’n televisie-onderhoud met my op versoening eerder as woede afgestem was.

Vir my, as die laaste hoof van Verhoudingaksie in die Vrystaat, was dit goed om te ervaar daar is wel sulke verhoudinge. Baie dankie ook vir Volksblad se hoëgehalte-beriggewing hieroor.

Ek het vroeër ’n toekenning met dank en ’n verduideliking geweier, omdat ek gedink het die eertydse Welwillendheid­stigting, en die funksie, is geminag. Vandag is ek jammer, want ek sou dit bitter graag aan Mitah wou opdra en aan haar familie wou skenk.

Ons eer haar nalatenskap.

Meer oor:  My Stem  |  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.