Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Ons’ en ‘hulle’ baat niemand in die land nie

Ai, D.C. Coetsee (09.04), solank ons praat van “ons” en “hulle” sal ons nie die land vorentoe kan laat beweeg nie.

“Ons” ouers het natuurlik, soos u skryf, harde bene gekou om te kom waar hulle en hul nageslag vandag is. Die feit dat die staatsdiens sneeuwit was, moet in gedagte gehou word. ’n Groot deel van die “ons” is so bevoordeel. Gehalteonderwys was verseker vir dié wat nie “agtergeblewe” onderwys ontvang het nie.

Die rimpeleffek van aparte onderwys is vandag nog te sien. Jy hoef net die Engels van ’n Zimbabwiese immigrant met ’n plaaslike persoon s’n te vergelyk om dit te ervaar. Eersgenoemde het gelyke onderwys geniet, maar laasgenoemde “Bantoe-onderwys”. Geen wonder Zimbabwiërs kry makliker werk nie.

U “Christelik-Westerse kultuur” is iets om dankbaar voor te wees, maar die “swart” kulture het ook diep, etiese waardes en leef hul Christenskap daagliks deur middel van ubuntu uit – arm mense wat mekaar se las help dra, soos die Bybel van ons vra.

Onetiese optrede deur enige kultuur is betreurenswaardig. As jy in ’n siklus van armoede gebore word, veg jy om oorlewing. Niemand wat dit nog nie beleef het nie, kan summier oordeel omdat jy nie “competent” is nie.

“Social engineering” is nie eens nodig as jy ’n goeie gewete het nie. Jy kan jou by jou soort bepaal, niemand verhoed jou nie, solank alle ander groepe met respek behandel word, as ’n mens gelyk in God se oë is.

Die mank ekonomie en twyfelagtige politici behoort juis enige mens aan te spoor om ander te bemagtig, op enige manier denkbaar. Al maak jy hulle net bewus van moontlike kanale om ’n vaardigheid te verwerf, hoe basies ook.

Ek dink dít is ’n voetsoolvlak-manier om die “kontemporêre kulturele milieu” te verbeter.

Meer oor:  My Stem  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.