Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons gaan ook erg verlang na die papierkoerant

Oor prof. Hennie van Coller se Goeiemôre-rubriek “Die koerant in my oprit gaan ek baie mis” (28.07):

Nadat Volksblad weekoggende en Saterdae noukeurig deur elke lid van ons gesin bekyk, gelees, bestudeer, genotuleer en die belangrike dele uitgeknip is, word die waardevolle papierkoerant netjies in ’n kas gebêre vir die tweede lees.

Snaaks genoeg is daar altyd nog interessanthede wat met die tweede lees opduik.

In ons familie en huisgesin is koerantpapier ook nie net ’n bron van waardevolle inligting nie, maar ook die daaglikse vloerbedekking vir my dogtertjie se marmothok, die beskermende laag om breekbare items, die tydelik koesterende nessie van ’n groen avokadopeer, die absorberende oppervlak waarop sapperige groente en vrugte gedissekteer word, die vuuraansteker vir ’n kaggel- of braaivleisvuurtjie, die blinkpoetser vir huis- en voertuigruite, om maar enkele gebruike te noem.

Wat sal ons doen sonder koerantpapier?

Soos prof. Van Coller sal my familie en huisgesin ook met heimwee terugverlang na Volksblad op papier.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.