Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons het te veel kinders en bad gans te veel

Suid-Afrika het ’n hele paar probleme wat ’n groot bedreiging vir ons toekoms inhou.

Een van die groot probleme is die ongebreidelde aanwas van die bevolking wat buitensporig gegroei het en nou veroorsaak dat duisende kinders nie plek in skole kry nie en 29% (dis miljoene mense) werkloos is.

Nog ’n probleem wat onmiddellik baie aandag moet kry, is die watertekort feitlik oor die hele land.

Om die geboortesyfer af te bring, is ’n landwye volgehoue veldtog nodig om deur middel van geboortebeperkingsmetodes swangerskappe op groot skaal te beperk.

Om watergebruik te beperk, kan heelwat gedoen word.

Eerstens moet ons terug na die ou dae, toe ’n tafeltjie met ’n wasskottel en lampetbekers in elke slaapkamer gestaan het.

Mense het hulle dan, met groot sukses, met waslappe gewas en die water op die blommetjies gegooi.

Een waslap is gebruik vir die onderlyf en een vir die bolyf .

Badkamers met baddens was skaars.

In sommige hotelle was selfs net een badkamer op elke vloer.

Die Franse het nie water uitspattig gebruik nie en het op parfuum staatgemaak om te vergoed vir die min was.

Die gebruik om elke dag te stort of te bad of soms selfs meer as een keer is totaal onnodig.

Dit sal niemand se lewe verleng, gesondheid verbeter of wankelende huwelike red nie.

Vir noodgevalle kan deodorante of allerhande lekkerruik-konkoksies gebruik word.

Plante moet met emmers besproei word.

En om honde te bad, moet ’n strafbare oortreding wees.

As almal saamwerk, sal daar nooit weer waternood wees nie.

Miljarde is nodig vir ’n waterplan: As daar destyds aandag gegee is aan dr. Anthony Turton se aanbevelings sou miljarde nie nodig gewees het om die sinkende skip te red nie. As dit nog gered kan word. Ons almal ken mos die regering se beloftes.

Dr. Turton, ’n knap wetenskaplike en uitstaande waterkenner, het ’n intensiewe studie gedoen oor die stand van die land se water. Hy was bekommerd oor die besoedeling en die nadelige gevolge as daar nie daadwerklik iets gedoen word nie.

Al wat gebeur het: Gods water is oor Gods akker laat loop.

Meer oor:  My Stem  |  Bad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.