Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons is terug in die woestyn

Ons het ’n Moses so bitter nodig gehad nadat die ANC ons so lank heen en weer in die woestyn rondgelei het van een droë oase na die ander, sonder manna en kwartels en ons wynkruike dolleeg. En toe ons dink ons het nou al die moontlike beproewinge gehad, dit kon nie slegter nie, toe kom die boodskap uit verre China dat daar ’n klein, onbekende virus die ronde doen en voordat ons kon sê Covid-19 sit ons ingeperk, met meer probleme as die plae van Egipte.

Gelukkig vir ons (dink net as dit madam Dlamini-Zuma was) het ons pres. Cyril Ramaphosa as opperbevelhebber in die stryd teen die onsigbare pestilensie.

Ons geloof en vertroue in die president het ons tot kort gelede deurgedra en ons was gedetermineerd om hom nie te versaak nie. Maar nou is ons terug in die woestyn en sy luitenante beproef die volk bo hul kragte met sinlose voorskrifte en bedekte dreigemente.

Al wat ons van ons president vra, is om bevel te neem en sy geniekorps in te stuur in plaas van om te luister na die bevelvoerders met grootheidswaanprobleme. Luister eerder na die wetenskaplikes en ekonome se uitstekende raad.

Dan sal hy onthou word as die man wat sy land en volk gered het uit die kloue van die virus toe die nag baie donker was, met geen lig aan die einde van die tonnel nie.

Meer oor:  Izak Bergh  |  Marchand  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.