Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ons kort ’n bestel wat almal insluit

Hou op om in ontkenning te lewe: Suid-Afrika werk nie. Glad nie!

Ons sit met hoë werkloosheid en met die derde hoogste misdaadsyfer en agtste hoë moordsyfer ter wêreld.

Daarmee saam is die kragvoorsiening swak en munisipaliteite vou.

Kan dit slegter?

Ja, beslis. Binne hierdie politieke bestel en soos sake nou staan, sal die land vinnig ten gronde gaan.

Hoekom die stelsel nie werk nie, is doodeenvoudig.

Bekwame mense is in dié bestel eenkant toe geskuif. Hulle het nie die geleentheid om mee te werk om die land ’n beter plek te maak nie.

Ons kort ’n politieke bestel wat almal insluit; ’n stelsel waarvan almal deel wil wees en waaroor almal opgewonde kan raak.

Onthou, die uitdaging bly steeds om die lewenspeil van 60 miljoen Suid-Afrikaners te verbeter.

Kan ons van Suid-Afrika ’n beter plek maak?

Ja, ons kan.

Suid-Afrika kan.

Meer oor:  My Stem  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.